![]() ![]() ![]() ![]() |
||
|
|
Welkom by ons webtuiste! Moorreesburgse Koringboere (Edms) Beperk, alombekend as MKB, die bedryfsmaatskappy van Graanboere Groep Beperk, lê in die hart van die Swartland. MKB is 'n maatskappy wat oor die afgelope 76 jaar heen die anker van die streek se graanbedryf geword het. Graan hantering en opberging was nog altyd MKB se kernbesigheid. Daar is silo's by Bergrivier, Koperfontein, Koringberg, Leliedam, Moravia en op Moorreesburg waar koring, lupiene, hawer en kanola hanteer word. Die saadaanlegte te Bergrivier, Koperfontein en Moorreesburg verwerk produsente-saad en graanprodukte tot saad van hoogstaande kwaliteit. MKB het ook 'n aanleg vir die vervaardiging van hondekos, Petfood Caterers, wat op Moorreesburg gevestig is. Daar is handelstakke op Moorreesburg en Velddrif, sowel as 'n LandMark winkel te Langebaan waar boerderybenodigdhede, boumateriaal, hardeware en verbruikersitems beskikbaar is. Die maatskappy verskaf ook versekering- en makelaarsdienste. Produsente word ondersteun deur 'n volledige landbou-ekonomiese diens. MKB het die produkte, dienste en personeel om die streek van 'n noodsaaklike lewensaar aan alle belanghebbendes, bestaande en voornemende kliënte te voorsien.
|
|
|
Tuisblad |
Geskiedenis |
Direksie |
Graan hantering |
Handelswinkels |
Aartappels |
Hondekos |
Meganisasie Boerdery afdeling | Landbou | Versekering | Finansiering | Saalverhuring | Nuus | Padkaart | Kontak ons © Kopiereg MKB 2008 . |
||