Hondekos

Petfood Caterers Trusty NutroScience

 

Petfood Caterers (Edms) Bpk (PFC) is in 2003 gestig vir die vervaardiging van droë hondekos. Die fabriek is geleë in Moorreesburg, in die hartjie van die Swartland-distrik in die Wes-Kaap. Baie grondstowwe soos koring en canola, wat plaaslik verbou word, word gevolglik in die vervaardigingsproses benut. Die meeste van die vleis derivate word ingevoer weens die hoë kwaliteit van die produkte, asook die beskikbaarheid daarvan. Vitamiene en minerale wat bygevoeg word, oortref die minimum standaarde van die Association of American Feed Control Officials (AAFCO) en resepte word deur een van die voorste troeteldier voedselkundiges in Suid-Afrika geformuleer. PFC kan dus met oortuiging sê dat hy verbind is daartoe om hondekos te verskaf teen ‘n prys wat almal kan bekostig, met die gemoedsrus dat almal se diere-vriende genoeg voeding inneem om gesond en gelukkig te wees. PFC is trots op sy eie handelsmerke, nl. Trusty en Menu, maar hanteer ook die verpakking van ‘n nasionale kleinhandelgroep se eie handelsmerk.

PFC verskaf werksgeleendhede aan 40+ personeellede en is verbind daartoe om ‘n selfs groter impak te maak deur indiensneming en opleiding wat broodnodig is op klein plattelandse dorpe.

sertifikaat pfc

Kontak Petfood Caterers

Bestuurder

jaco coetzee

Tel: 022 433 8304
Faks: 022 433 4579

E-pos

Produksiebestuurder

Okkie Kupke

okkie kupke

Tel: 022 433 1880
Faks: 022 433 1912

E-pos

Bemarker

Hanno Koen

Tel: 076 582 6095

E-pos