MKB Meganisasie
MKB Meganisasie is die handelaar en verspreider in die Wes-Kaap van Claas, Hardi, Equilizer, Radium, Dion en Mac Don landboumasjienerie.
Daar is ‘n goed toegeruste landboumasjinerie werkwinkel met personeel wat in Duitsland en Frankryk hulle opleiding kry. Onderdele verkryging vir bogenoemde produkte vind op die perseel plaas deur personeel wat vir agtereenvolgende jare verskeie pryse landwyd gewen het. Bemarking van Heelgoedere word gedoen deur bekwame bemarkers van Malmesbury en Moorreesburg.