LandMark Velddrif

Die MKB LandMark Handelsentrum in Velddrif is sentraal en gerieflik geleë by die hoofingang van die dorp vanaf Kaapstad en Piketberg. ‘n Groot verskeidenheid produkte en dienste sluit in: landbou en landbou-verwante produkte, hardeware, tuinbou gereedskap, hengeltoerusting, verf en boumateriaal. By die Engen Vulstasie is daar gerieflikheidsprodukte en hengeltoerusting in die kafee Clippers. Adam Tas Liquors bied gewilde handelsmerke in die netjiese drankwinkel van die kompleks.
