MKB OK Grocer Velddrif
MKB OK Grocer op Velddrif is sentraal geleё by die hoofingang van die dorp vanaf Kaapstad en Piketberg.
Die publiek word ‘n groot verskeidenheid alledaagse huishoudelike gebruiksartikels gebied.
Die winkel beskik ook die volgende afdelings:
Bakkery toets behoorlik kliënte se reuksintuie deur elke dag vars gebakte produkte te voorsien.
Slaghuis staan bekend vir voortreflike spek-en-uie wors wat plaaslik gemaak word Daar isa ‘n verskeidenheid steaks en sosaties vir die warm kole. Hannes Hanekom, die slaghuisbestuurder, se hande staan vir niks verkeerd nie en hy kan aan enige versoeke voldoen met sy uitgebreide kennis van vleis en vleisprodukte.
Fast Foods vul almal se honger kolle op die maag met verskeie heerlike disse en kan ook uithelp met partytjie “platters” vir alle funksies.
Die Groente en Vrugte-afdeling word gereeld aangevul met vars produkte vanaf die mark.
KOOP WAAR SUID – AFRIKA KOOP, OK. !!!!!!!
