Vulstasie Velddrif

Die MKB LandMark Handelsentrum in Velddrif is sentraal en gerieflik geleë by die hoofingang van die dorp vanaf Kaapstad en Piketberg.
‘n Groot verskeidenheid produkte en dienste sluit in: landbou- en tuinbou-verwante produkte, hardeware, hengeltoerusting, verf en boumateriaal.
By die Engen vulstasie is daar gerieflikheidsprodukte en hengeltoerusting in die kafee, Clippers, beskikbaar.