MKB Versekeringsmakelaars (EDMS) BPK

Daar word voortdurend gepraat en geskryf oor die koste en dekking van korttermyn¬versekering.
Is goedkoop versekering duur versekering?
Die term goedkoop versekering het ongelukkig deur die jare die konsep van goeie versekering vervang. Die verloorder in die proses is gewoonlik die versekerde. Goedkoper premies word normaalweg deur ‘n versekeraar aangebied aangesien verskeie risiko-elemente van die portefeulje uitgesluit word.
‘n Mens kan nie help om jouself die vraag te vra: “Verseker mense dan net om hulself te troos of is dit ‘n behoorlik deurdagte besluit om verantwoordelik op te tree en voorsiening te maak vir onvoorsiene of onverwagse verliese?”
Goeie versekering word nie net deur prys bepaal nie, maar deur die dekking, begrip en diens wat deur die versekeraar en/of makelary gebied word.
Wanneer versekering met ‘n adviseur bespreek word, moet seker gemaak word van polisvoorwaardes en polisuitbreidings. Maak seker dat bates nie onderverseker is nie.
Indien daar enige onsekerheid is, kontak gerus MKB Versekeringsmakelaars (Edms) Bpk om in enige van u korttermyn versekeringsbehoeftes te voorsien. Ons beskik oor ‘n gedugte span bemarkers, ‘n dienswillige eise-afdeling asook administratiewe personeel wat passievol oor hul werk, omgewing en mense is en u graag van diens wil wees.
Daar is twee vinnige maniere om deur ‘n ramp getref te word: om niemand se raad te volg nie en om almal se raad te volg.
Kom ontmoet gerus die bekwame span by MKB Versekeringsmakelaars (Edms) Bpk