Finansiering
MKB Finansiering is 'n geregistreerde kredietverskaffer wat die finansieringskakel is tussen die landbouprodusent en MKB se ander bedryfsaktiwiteite.
Voordele:
- Kundige personeel met jare lange landbou- en finansieringservaring
- Maandelikse state met alle aankope deeglik uiteengesit
- Finansiering, uitstel van terugbetaling en kontantvoorskotte teen graan in opberging
- Geen:
- rente word gehef op kredietaankope in die maand van aankope en die maand van betaling nie (wat jaarlikse rentekoers effektief met 2/12 afbring op oesrekeninge en huurkooprekeninge)
- transaksiefooie
- maandelikse diensfooie
- 'n Laer rentekoers word gehef op finansiering wat deur voldoende sekuriteit gedek word
- Kredietlewensversekeringsdekking van R3.5 miljoen per fasiliteit (elke tipe rekening geniet eie dekking)
Tipe krediet verleen:
- Produksiemiddele, wat insluit:
- Graanverbouing en saadskoonmaakdienste
- Aartappels
- Veevoer
- Wingerdvrugte
- Groente en vrugte
- Brand- en oesversekering en waar meriete en bekostigbaarheid bestaan ook korttermynversekering en befondsing van mediese premies
- Maandrekeninge vir aandeelhouers en nie-aandeelhouers
- Kapitaalgoedere
Inligting wat verstrek moet word tydens aansoek om finansiering:
- Volledig voltooide, getekende aansoekvorm. Aansoekvorms is elektronies op versoek beskikbaar by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of by die kredietkantoor te Moorreesburg
- Jongste finansiële state (nie ouer as 12 maande nie), van elke entiteit betrokke
- Volledig voltooide, getekende aansoekvorm in eie handskrif