Jan Basson Sentrum
Die Jan Basson Sentrum in Moorreesburg is in Sentraalstraat en ideaal geleƫ vir die aanbied van konferensies en ander funksies soos troues en verjaardagvieringe.
Die groot lokaal, Drommedaris, kan 250 persone teaterstyl hanteer en 150 klaskamerstyl. Die kleiner lokaal, Hoopvol & Sterling, kan onderverdeel word om kleiner groepwerk moontlik te maak. Hierdie lokaal kan 35 persone, klaskamerstyl, akkommodeer. Albei lokale kan opgestel word om aan unieke vereistes te voldoen.
Die sentrum bied voldoende parkering en beskik oor rolstoel toegang.