Landbou Bestuur
Die Landbou Bestuursdienste afdeling verskaf tans landbou ekonomiese dienste aan boere en ander belangstellendes. Die doel is om die boer toe te rus met besluitnemingsinligting wat kan lei tot die verlaging van boerdery risiko en 'n verhoging van die materiële welvaart van die boer.
Landbou-ekonoom
Die Landbou-ekonoom kan die boer help met die volgende kwelvrae:
- Sal die omskakeling na vee my plaas se winsgewendheid verhoog?
- Presteer my bedryfstakke optimaal?
- Moet ek kontrakteurs gebruik of eie masjienerie koop?
- Wat behoort ek vir grond te betaal?
- Watter gewasse is die winsgewendste?
Burodiens
Opstel van bestuurstate vir boerderydoeleindes, asook die indiening van:
- Twee-maandelikse BTW opgawes
- ‘n Individuele boer se prestasie word getoon, asook die groep gemiddeld. Daar word ook ‘n vergelyking getref tussen verskillende streke en wisselboustelsels.
Sagteware
Die gebruik van landboukundige sagteware kan administrasie vergemaklik. Die produkreeks sluit onder meer die volgende in:
- Software Farm: Simfini
'n Omvattende finansiële rekordhoudingsprogram wat u onder meer in staat stel om u boerdery se afsonderlike vertakkings te hanteer. Die program help met die druk van fakture en die aanvra van 'n wye verskeidenheid state en verslae soos 'n kontantvloeistaat, bateregister, proefbalans en vele meer. - Studiegroepe
Die Landbou-ekonoom ontleed die finansiële resultate van 'n studiegroep op so 'n wyse dat die individuele boer binne die studiegroep sy prestasie met dié van ander kan vergelyk. Op hierdie manier word probleemareas makliker geïdentifiseer.
Lesings en artikels
- Aanbiedings by studiegroepe en boereverenigings asook nasionale en internasionale kongresse.
- Publisering van relevante artikels in plaaslike tydskrifte.
Navorsing
MKB voer self geen navorsingsprojekte uit nie, maar is ten nouste betrokke by navorsing wat deur die Departement Landbou en die LNR in die streek gedoen word. MKB is ook ‘n prinsipaal van die SKOG-navorsingsinisiatief wat op die Departement van Landbou se proefplaas, Langgewens, gesetel is.