Produkte Afdeling
MKB Graan bedryf ses silokomplekse en beskik oor ‘n totale opbergingskapasiteit van ongeveer 188 150 ton. Die doel is om graan en oliesade vanaf produsente te ontvang, te hanteer en veilig op te berg.
MKB het silokomplekse te Bergrivier, Koperfontein, Koringberg, Leliedam, Moorreesburg en Moravia. Gedurende die oesseisoen word koring, lupiene, hawer, gars en canola by die onderskeie silo's ontvang. Daar is goed toegeruste saadverwerkingsaanlegte te Bergrivier, Koperfontein en Moorreesburg . MKB Saad is 'n lid van SANSOR en funksioneer volgens die riglyne van die plantverbeteringswet. Die Moorreesburg-aanleg is ook gekontrakteer om van Sensako en PANNAR se basissaad vir die Wes-Kaap te verwerk.
Die graanverkrygingsafdeling van MKB is verantwoordelik vir die aankoop van kleingraan en oliesade. Hulle diens ook die voermark deur die aankoop en verkoop van mielies, hawer, voergars, korog en soet lupiene volgens behoefte. Verskeie aankoopinstrumente word gebruik om produkte by kliënte aan te koop. Safex word aktief gebruik om prysrisiko vir kliënte te bestuur.
MKB se Landbou-ekonomie afdeling lewer noodsaaklike landbou-ekonomiese advies aan produsente lede deur individuele kontak asook die bedryf van studiegroepe. 'n Burodiens word ook aan ingeskrewe lede verskaf.