Direksie en Bestuur
Die Direksie is vir die oorhoofse prestasie en algehele en doeltreffende beheer van die Groep verantwoordelik. Die Direksie kom sy verantwoordelikheid na deur strategiese leiding te bied, bevoegde bestuurslede aan te stel, verantwoordelikhede gestruktureerd te delegeer, besigheidsplanne en bedryfs- en kapitaalbegroting te evalueer, die inwerkingstelling daarvan en bedryfsresultate te monitor, en toesig oor die risikobestuursprogram te hou.
Die Direksie bestaan uit agt verkose nie-uitvoerende direkteure (insluitend die voorsitter wat jaarliks deur die Direksie verkies word) en een uitvoerende direkteur. Nie-uitvoerende direkteure roteer op ‘n drie-jaarlikse basis, terwyl die dienstermyn van die uitvoerende direkteur gekoppel is aan sy dienstermyn as werknemer.

Voorsitter
Schalk van der Merwe

Ondervoorsitter
Albie Bester

Dagbestuurslid
Kobus Dippenaar

Direkteur
Jaco Slabber

Direkteur
Johan Kotzé

Direkteur
Pieter Smit

Direkteur
Stenus van Geems

Direkteur
Wihan Hanekom

Besturende Direkteur
Eugene Vrede Koekemoer (51) – is werksaam te MKB vanaf 1 Julie 1999 en het onder andere die posisies van Maatskappy Sekretaris, Bestuurder Menslike Hulpbronne, Waarnemende Hoofbestuurder (Augustus 2004) en Hoofbestuurder (Januarie 2006) beklee voordat hy in Julie 2008 tot Besturende Direkteur bevorder is. Eugene is ‘n aktiewe lid van die volgende professionele instansies: IPM, SABPP, Irasa, SASLAW, Etiese Instituut van SA, sowel as die IoD. Hy dien dan ook op die direksie van Graanboere Groep en SOP. Benewens sy akademiese agtergrond, beskik Eugene ook oor ongeveer 24 jaar toepaslike ondervinding en was hy voorheen werksaam in die Onderwys, Score Meubelhandelaars, Sanlam en Sapekoe Estates voor sy aanstelling by MKB. Sy formele kwalifikasies behels onder andere: BA, BA Hon, IR/Labour Law Diploma, Full-time Certificate in IR, Advanced Certificate Course in Labour Relations, Advanced Labour Law Programme, Diploma in Negotiation Skills, Certificate in Labour Law, Advance Programme in Strategic ER & Employment Law, Diploma in Labour Law, Programme in Commercial Negotiation, Course in Financial Management and Advanced Directorship Programme.

Groep Finansiële Bestuurder
Lawrence Visser CA(SA) (32) – het diens aanvaar as Groep Finansiële Bestuurder op 1 Oktober 2011. Lawrence is ‘n lid van SAIGR (Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters). Hy dien ook op die direksie van PFC, SOP en Unigrain Commodities. Benewens sy akademiese agtergrond, beskik hy ook oor ongeveer 7 jaar oudit- en finansiële bestuursondervinding in sy hoedanigheid as bestuurder by die Moore Stephens groep en direkteur by die BGR groep van ouditeure, voor sy dien aanvaarding by MKB. Sy formele kwalifikasies behels die grade Brek, Bcomp Hons (Rekeningkunde) aan die Universiteite van Stellenbosch en UNISA onderskeidelik. Hy verwerf ook sy Gevorderde Sertifikaat in rekeningkunde aan die Randse Universiteit, waarna hy kwalifiseer as Geoktrooieerde Rekenmeester.

Groep Maatskappy Sekretaris
Mnr Stephanus Cornelius (Rautie) Rautenbach (55) – is werksaam te MKB vanaf 1 Oktober 1982 as ‘n Assistent Rekenmeester, Bestuurder: Ledesake & Mannekrag (1994) en Bestuurder: Finansieringsdienste (1999), voordat hy in April 2006 tot Groep Maatskappy Sekretaris bevorder is. Benewens sy akademiese agtergrond, beskik Mnr Rautenbach oor ongeveer 28 jaar toepaslike ondervinding. Hy beskik oor 'n B.Com kwalifikasie.

Bestuurder Handelsbedrywighede
Thys Johannes (Johan) Minnie (48) – is aangestel te MKB vanaf 1 Mei 2003 in die hoedanigheid van ‘n Takbestuurder, bevorder tot Snr Takbestuurder in Februarie 2005 en verder tot Bestuurder Handel in Julie 2005 bevorder, voordat hy in Mei 2008 tot Bestuurder Handelsbedrywighede bevorder is. Benewens sy akademiese agtergrond, beskik Thys oor ongeveer 9 jaar gevangenisdiens ondervinding en 19 jaar toepaslike ondervinding in die Landbousektor. Sy formele kwalifikasies is ‘n Matriek sertifikaat, wat hy in 1981 behaal het.
Bestuurder Produkte
Theunis Gert Coetzee (50) – het op 8 Januarie 2007 diens aanvaar as Bestuurder Produkte te MKB. Hy neem oorhoofs verantwoordelikheid oor die Graan en Saadafdelings en die hondekos fabriek (Dien op PFC se direksie) en is ook verantwoordelik vir die strategiese bestuur van die afdeling. Benewens sy akademiese agtergrond, begin werk hy as Landbounavorser by die Dept. van Landbou, waarna hy gaan boer (verskillende bedrywe), werk as Hoofweidingskundige by Clover en daarna dien hy as streeksdirekteur en senior werknemer by ‘n Landbou konsultasiemaatskappy (Farmvision), waarna hy by MKB begin. Theunis beskik oor 24 jaar se bestuursondervinding. Hy beskik oor ‘n M.Sc Agric kwalifikasie. Hy het ook ‘n Kursus in Finansiële Bestuur suksesvol deurloop – Unisa (2010).

Groep Menslike Hulpbronne Bestuurder
Albert Nimb van Zyl (44) – het diens aanvaar as Menslike Hulpbronne Bestuurder op 1 September 2009 en is op 1 Desember 2010 bevorder tot Groep Menslike Hulpbronne Bestuurder. Albert is ‘n aktiewe lid van die volgende professionele instansies: SABPP, sowel as IPM en SASLAW. Benewens sy akademiese agtergrond, beskik hy oor ongeveer 20 jaar toepaslike ondervinding en was hy voorheen werksaam by Pep Stores en Lewis Stores voor sy aanstelling by MKB. Sy akademiese kwalifikasie behels die volgende: Nasionale Diploma in Personeelbestuur – Kaapse Technikon (1985 – 1987) + Senior Bestuur Program – Universiteit van Stellenbosch (1997).