Aandeelhouers
Slegs persone wat landbougrond in die maatskappy se bedieningsgebied huur of besit en in die opinie van die direksie die potensiaal het om wesenlike besigheid met die maatskappy te doen, kwalifiseer om aandeelhouer van Graanboere Groep Beperk te word. Alle oordragte van aandele en goedkeuring van lidmaatskap moet deur die Direksie goedgekeur word. Die Direksie se besluit is finaal. ‘n Maksimum van 10% en ‘n minimum van 2 000 aandele van die uitgereikte aandele mag per aandeelhouer gehou word.